Die bosboomvaring (Gymnosphaera capensis) is 'n boomvaring wat deel van die Cyatheaceae familie is, een van slegs twee spesies in Suid-Afrika. Die boom word tot 3 meter hoog en die blare 2 tot 3 m lank. Die plant groei in immergroen woude en kom voor vanaf Knysna ooswaarts deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot in Limpopo.
Die blaartjies se rande is fyn getand; aan die onderkant is daar een sonus per lob. Die blaarbasis is in die laer blaartjies gewysig om fyn wortelagtige aflebieë te vorm.
Die boom se FSA-nommer is 2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ''Plants of the World Online
Verwysings
capensis Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe