Die Paradysvoël (Latyn: Apus) is ’n dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 16de eeu geskep is. Dit bevat onder meer die bolvormige sterreswerm NGC 6101.

Die sterrebeeld was een van 12 wat geskep is deur Petrus Plancius na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman. Plancius het dit Paradysvogel Apis Indica genoem; die eerste woord is Nederlands vir paradysvoël, maar die ander twee beteken "Indiese by". Apis is die Latyn vir "by" en is waarskynlik foutiewelik gebruik in plaas van avis ("voël"). Die naam "apus" kom van die Griekse woord apous ("sonder voete"). Dit verwys na die Weste se opvatting dat ’n paradysvoël nie pote het nie omdat die enigstes wat destyds in die Weste gekry is, se pote en vlerke verwyder was.

Verwysings

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Apus Peoria Astronomical Society – Apus NightSkyInfo.com: Constellation Apus

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia