Mark Lawrence (* 16 Junie 1965) is ’n Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter en oogkundige. Hy het gedurende 1990 begin as skeidsregter nadat hy ’n besering as rugbyspeler opgedoen het. Hy het sy eerste toets in 2000 as skeidsregter beheer (dit was tussen Fidji en Italië) en is gekies om op te tree tydens die 2003 en 2007 Rugbywêreldbekers waar hy as lynregter en televisieskeidsregter diens gedoen het. Lawrence het 7 Sesnasies en 3 Drienasiestoetse beheer. Hy was in beheer van die 2007 Curriebekereindstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Leeus en ook in die 2008 Super 14-seisoen se eindstryd tussen die Crusaders en die Waratahs.
Lawrence het in September 2011 sy uittrede uit toetsrugby aangekondig en gesê dat hy wil fokus op die opleiding van opkomende skeidsregters. Hy is sederdien aangestel as Hoof: Prestasie van skeidsregters by die SA Rugbyunie.
Voormalige kollegas Jonathan Kaplan Craig Joubert Marius Jonker Lourens van der Merwe Stuart Berry Jason Jaftha Pro Legoete Rasta Rasivhenge
Verwysings
Eksterne skakels www.marklawrence.co.za
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense