Die silwerboom (Leucadendron argenteum) is 'n boom wat vinnig groei en gewild is as 'n sierboom. Die boom het syagtige, silwergrys blare terwyl die manlike blomme appelkooskleurig en die vroulike blomme silweragtige keëls is. Die boom verkies vol son en matige water om te groei. Die blomtyd is in Augustus tot September. Die silwerboom is een van die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika se amptelike simbole waar dit endemies is. Die plant se FSA-nommer is 77.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika