duimnael|Groot-Vispunt-vuurtoring

Die Groot-Vispunt-vuurtoring is 'n vuurtoring by die mond van die Groot-Visrivier, noordoos van Port Alfred. Dit is in 1898 opgerig en is onbeman en aktief. Daar is huisvesting in twee selfsorgeenhede beskikbaar, asook 'n toeristeburo, geskenkwinkel, swembad en 'n saal wat gebruik word vir troues en funksies.

Bron Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009

Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika