duimnael|regs|300px|Die Ou Bluff-vuurtoring in 1895

Die Ou Bluff-vuurtoring, wat ook bekend gestaan het as die Port Natal-vuurtoring, was 'n 24 m (81 voet) hoë, ronde gietystertoring wat op 23 Januarie 1867 in gebruik geneem en later afgebreek is.Annual Summary of South African Notices to Mariners, 2002 Edition – Port Natal (Durban) Lighthouse (Forerunner of the Cooper Lighthouse) , besoek 3 Junie 2012 Die vuurtoring was geleë op die Bluff, aan die noordekant van die ingang tot die Baai van Natal.

Geskiedenis Die hoeksteen van die vuurtoring is op 22 November 1864 deur goewerneur John Scott gelê. Dit het bestaan uit honderd of meer geboë gietystersegmente van 'n halwe meter by een meter wat elk ongeveer 300 kg geweeg het. Die konstruksie het drie jaar geduur.

Die toring se eerste lamp was 'n oliebrander, waarmee die toring van 1867 tot 1922 ononderbroke diens gelewer het.Keeper of the Bluff Light, besoek 3 Junie 2012 In Julie 1922 is die oliebrander vervang met 'n petroleumverdampingsbrander wat ongeveer 150 000 CD gelewer het. Tien jaar later, op 15 September 1932, is die Bluff-vuurtoring geëlekrifiseer en die verdampingsbrander is vervang met 'n elektriese gloeilamp van 4 kW wat die ligkrag tot 3 000 000 CD verbeter het. Teen hierdie tyd was die oorspronklike gietystertoring baie verweer en het dit onveilig geword. Die vuurtoringingenieur, mnr. Harry Claude Cooper, het besluit om die toring met beton te omhul om dit veiliger te maak.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is die kuswageenheid by die Bluff gemoderniseer.Military History Journal, Vol 1 No 1 – December 1967, The South African Corps of Marines, besoek 3 Junie 2012 Op die oggend van 5 Mei 1938 het die Cape Garrison Artillery begin om hul 6 duim-kanonne te vuur vanaf 'n terrein naby die basis van die vuurtoring. Die gevaar het bestaan dat die vensters, asook die kwik wat in die optiese lense van vuurtorings voorkom, beskadig sou word.Cooper Lighthouse history – SA Venues, besoek 3 Junie 2012 Mnr. Cooper het voorgestel dat twee kleiner, outomatiese vuurtorings op ander plekke opgerig word – die een op die terrein van die radiostasie by Brightonstrand en die ander noord van die Bluff.

Die Ou Bluff-vuurtoring is op 16 Oktober 1940 in onbruik gestel en in Junie 1941 afgebreek. Die twee nuwe torings is: Die Cooper-vuurtoring by Brightonstrand, wat eers in Julie 1953 gereed was vir gebruik ná vertragings weens die oorlog. Die Umhlanga Rocks-vuurtoring, wat in 1954 voltooi is.

Sien ook Vuurtorings van Suid-Afrika

Bronne Ingram, Joseph Forsyth, The colony of Natal; an official illustrated handbook and railway guide, 1895, J. Causton and sons, pg82

Verwysings

Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika