MobileMe (vroeër iTools en daarna .Mac) was ’n intekengebaseerde versameling van aanlyn dienste en sagteware wat deur Apple aangebied is. Dit is aanvanklik op 5 Januarie 2000 bekendgestel as iTools, ’n gratis versameling van Internetgebaseerde dienste vir Mac OS 9 gebruikers. Op 17 Julie 2002 het Apple dit geherlanseer as .Mac toe dit ’n intekendiens geword het hoofsaaklik vir gebruikers met Mac OS X. Op 9 Julie 2008 het Apple die diens weer geherlanseer (tydens WWOK 2008) as MobileMe waar hulle begin fokus het op gebruikers met Windows, iPads, iPhones, iPod Touch’e en wat Mac OS X gebruik.

Op 24 Februarie 2011 het Apple opgehou om MobileMe by sy winkels aan te bied. MobileMe word ook nie meer deur herverkopers aangebied nie. Hierbenewens laat Apple ook nie nuwe intekenaars toe tot MobileMe nie. Tydens die iPhone-spesiale byeenkoms op 4 Oktober 2011 het Apple aangekondig dat hy op 12 Oktober 2011 iCloud sou lanseer om MobileMe vir nuwe gebruikers te vervang. MobileMe het tot 30 Junie 2012 aangehou funksioneer op welke datum die diens gestaak is.

Dienste iTools en .Mac is primêr ontwerp om Internetdienste aan Macintosh-eienaars te bied. Alle lede van iTools en .Mac het ’n spesiale @mac.com e-posadres ontvang wat die diens duidelik koppel aan Mac-hardeware. Met die vrystelling van die iPhone 3G in 2008 is die diens egter hernoem na MobileMe en het dit dienste begin lewer aan , iOS en Windows. Lede van MobileMe het ’n @me.com e-posadres gekry en is nie meer beperk tot Mac OS X-sagteware soos Mail en iCal nie en hulle kon toegang verkry tot persoonlike data op enige rekenaar wat aan die Internet verbind is deur gebruik te maak van die me.com-webkoppelvlak of ’n aantal ondersteunde toepassings, insluitend Microsoft Outlook mits die gebruiker weergawe 2003 of nuwer sou gebruik. Ondersteuning vir MobileMe is beskikbaar vir klets en telefoon.

Soek iPhone duimnael|regs|150px|Die Soek iPhone-ikoon MobileMe het gebruikers in staat gestel om die ligging van hul iPhone, iPod Touch of iPad via die webportaal by me.com op te spoor. ’n Gebruiker kan die toestel se benaderde ligging op ’n kaart (tesame met ’n sirkel wat die foutspeling insluit) sien en daarmee saam ’n boodskap na die toestel stuur, ’n geluid via die toestel laat klink (selfs indien dit op stilmodus gestel is), die wagwoord van die toestel verander, en die inhoud van die foon af verwyder. ’n Toep is ook deur Apple vrygestel wat gebruikers in staat stel om hul iPhone op te spoor op ’n ander toestel wat die iOS 4-sagteware het. Dié funksie is 10 Junie 2009 bekendgestel en is ingesluit in die iOS 3.0-sagtewareopdatering as ’n funksie vir MobileMe-gebruikers. Soek iPhone is gratis beskikbaar gestel saam met die iOS 4.2.1-sagtewareopdatering op 22 November 2010 maar slegs vir toestelle wat in 2010 bekendgestel is.

Berging MobileMe het twee verskillende planne. Die Indiwiduele plan sluit 20 GG in vir e-pos en lêeropslag en 200 GG vir maandelikse data-oordrag. Die Gesinspakket het 40 GG opslagruimte met een 20 GG indiwiduele (primêre) en vier 5 GG subrekeninge waarvan elke subrekening sy eie e-posadres, aanlynopslagruimte en die gebruik van al die MobileMe funksies verkry. Gesinslede het ook ’n gedeelde vouer in hul iDisk waarin hulle toegang tot data onder hulself kan deel. Die primêre en subrekeninge het lees-/skryftoegang tot hierdie vouer en dit is beperk tot die beskikbare ruimte in die primêre gebruiker se iDisk.

Lede kan addisionele opslagruimte in 20 GG of 40 GG-pakkette koop maar die subrekeninge kan nie opgegradeer word nie. In ’n gesinsrekening word die hoeveelheid opslagruimte per rekening toegedeel.

Notas (van die Mail-toep op ’n Mac-rekenaar en die Notas-toep op die iPhone) word gesinkroniseer via die MobileMe-diens maar dit kan nie aanlyn besigtig of gewysig word nie. Taaklyste (wat vanuit die Mail-toep en die iCal-toep op ’n Mac-rekenaar beheer word) kan wel besigtig en gewysig word deur die MobileMe-webblad (onder die Kalender-oortjie) maar kan nie op ’n iPhone besigtig of gewysig word nie. Met die aankondiging van iOS 4 is die sikronisasie van Notas oor IMAP (insluitend MobileMe) geïmplementeer.

Adresboek en kalender MobileMe behou ’n gesinkroniseerde adresboek en kalender deur van Push-IMAP gebruik te maak. Indien ’n gebruiker ’n kontak of kalenderinskrywing verander op een toestel sal dit outomaties na die MobileMe-bedieners gesinkroniseer word en van daar af na die gebruiker se ander toestelle. Ondersteunde toestelle sluit die iPhone, Adresboek en iCal op of Microsoft Outlook 2003 of nuwer op Microsoft Windows. Intekenkalenders in iCal op ’n Mac-rekenaar is nie sigbaar op die aanlyn MobileMe-diens nie (“Verjaardae” is egter aanlyn sigbaar aangesien die inligting vanaf die Adresboek kom eerder as CalDAV of iCalendar (.ics) intekenkalenders). Andersyds (voor die opdatering na iOS 4.3), op die iPhone, is “Verjaardae” van Kontakte op die iPhone nie sigbaar in die Kalender-toep nie (of op enige ander manier; tensy dit indiwidueel opgekyk word in Kontakte), maar intekenkalenders is sigbaar in Kalender deur dit toe te voeg deur Voorkeure>Mail, agendas en kontakte>Voeg rekening toe. Kopieer Kalenderintekenings van iCal na u iPhone of iPod Touch, Apple Knowledge Base artikel HT3634, gedateer 03 Augustus 2009 [MobileMe: Sinkroniseer kalenderintekenings en CalDAV-kalender], Apple Knowledge Base artikel TS1213, gedateer 17 Junie 2009. iPhone Gebruikersgids pdf, bladsy 93 "Inteken op Kalenders", gedateer 10 Julie 2009.

MobileMe-galery MobileMe het ’n openbare foto- en videogaleryfunksie. Foto’s en video’s kan opgelaai word in die webblaaier by me.com, gesinkroniseer word deur iPhoto of Aperture op of vanaf die iPhone en iPod Touch. Gebruikers kan ook video’s oplaai terwyl gewerk word in toepassings wat beskikbaar is op die Mac, insluitend iPhoto en iMovie. MobileMe bied ook aan die gebruiker ’n e-posadres wat slegs gebruik word vir die oplaai van foto’s en video’s. Alle oplaaie deur besoekers aan die galery (hetsy deur die iPhone, iPod Touch, me.com of gestuur deur die toegewyste e-posadres) sla gesinkroniseer word met iPhoto of Aperture. Galerye kan op openbaar of privaat gestel word en kan met ’n wagwoord beskerm word — maar slegs deur iPhoto of iMovie op .

iDisk MobileMe bevat iDisk, ’n aanlynbergingsruimte wat beskikbaar is via ’n webblaaier by me.com, deur die Finder in Mac OS X, deur verskeie toeps vir iOS of as ’n afstandskyf in Microsoft Windows. Dit laat ook deling van lêers toe deur ’n gegewe lêer te selekteer deur me.com/idisk of die iDisk iPhone-toep te gebruik en dan op die Deel-knoppie te klik wat ’n unieke skakel na die gekose lêer sal skep wat deur ’n wagwoord beskerm word en deur middel van e-pos gedeel kan word. ’n Ander manier waarop veelvuldige lêers gedeel kan word is deur dit in die iDisk Openbare Vouer te plaas wat ook deur ’n wagwoord beskerm kan word. Gebruik u iDisk om lêers te deel Apple.com. URL besoek op 22 Julie 2008. Die iDisk kan gebruik word as ’n gasheerdiens vir u MobileMe-webblad. Rugsteune van Backup kan op u iDisk geberg word wat dit makliker maak om verstellings en meer te rugsteun.

iWeb-uitgee Gebruikers van Mac OS X v10.5 of nuwer kan die iLife ’08 of iLife ’09 of iLife ’11-toepassing iWeb gebruik om webblaaie te publiseer wat op hul MobileMe-rekening gedra word na ’n domeinnaam wat hulle beheer of na ’n blad op die me.com-webblad. Gebruikers sonder iWeb kan ook webblaaie publiseer deur lêers op die Web/Blaaie-vouer in die iDisk te berg. Die webgasheer ondersteun egter geen bedienertaal soos PHP of Apache nie.

Web-toepassings MObileMe gebruik AJAX en Dynamic HTML om die voorkoms en gedrrag van ’n werkskermtoepassing binne die gebruiker se webblaaier te simuleer. Toepassings op me.com sluit Mail, Kontakte, Kalender, Galery, Soek iPhone en toegang tot iDisk in, tesame met ’n Rekeningafdeling. Die meeste van die me.com webtoepassings is gebou bo-op die oopbron SproutCore Javascript-raamwerk. Gebruikers kan ook funksies soos e-posskuilname of domeinname vir die iWeb-uitgeefunksie verstel.

Ondersteunde webblaaiers vir me.com is Safari 3.1 of nuwer (Mac OS X en Windows), Firefox 3.5 of nuwer (Mac OS X en Windows) en Internet Explorer 7 en Internet Explorer 8 (Windows), Safari 3.0 en Firefox 3.0 kan die webtoepassings hanteer maar dit is nie ten volle ondersteun nie.

MobileMe is toeganklik vir Linux deur Firefox 3 ten spyte van ’n waarskuwing wat opspring wanneer die gebruiker aanmeld. Dieselfde geld vir wanneer die Konqueror-webblaaier gebruik op Linux gebruik word, maar dit is nog nie deur Apple bevestig nie.

Sinkronisering met nie-Apple-rekenaars Gebruikers wat hul MobileMe-data met ’n nie-Apple-rekenaar wil sinkroniseer moet die MobileMe beheerpaneel aflaai. Om dit te installeer moet die gebruiker eers die nuutste weergawe van iTunes aflaai en installeer. Na die installasie teken die gebruiker deur die beheerpaneel in deur sy gebruikersnaam en wagwoord en kan hulle sinkroniseerverstellings vir kontakte, kalenders en boekmerke beheer en iDisk-verstellings soos openbare vouertoegang, soortgelyk aan die MobileMe voorkeurepaneel wat in ingebou is.

MobileMe Mail Beta MobileMe Mail Beta is op 13 Mei 2010 vrygestel. MobileMe Mail Beta sluit baie nuwe funksies in soos die toevoeging van foto’s, verandering van lettertipe, breëskermbeskouing en vele meer. Dit is op 18 Junie 2010 as ’n finale weergawe vrygestel.

MobileMe Kalender Beta MobileMe Kalender Beta is op 6 Julie 2010 vrygestel. MobileMe Kalender Beta sluit ’n nuwe webtoepassing by me.com met herontwerpte dag-, week- en maandbeskouings asook ’n nuwe lysbeskouing om makliker deur gebeure te blaai. Werkverrigting is ook verbeter. Dit bevat ook ’n nuwe deel-opsie wat uitgenooide gebruikers toelaat om ’n gedeelde kalender te wysig. Dit ondersteun uitnodigings deur RSVP’s wat ’n e-pos na uitgenooide persone stuur. Die uitgenooide antwoord deur te klik op ’n eenvoudige skakel (hulle hoef nie MobileMe-gebruikers te wees nie). Dit ondersteun ook CalDAV-standaard vir verenigbaarheid met veelvuldige toestelle. Met hierdie opdaterings het verminderde funksionaliteit gevolg. Die moontlikheid om iCal-kalenders as opbenbare sigbare webblaaie te publiseer is verwyder. Gebruikers wat ’n kalender wou besigtig moet nou handmatig inteken met ’n CalDAV-verenigbare kalendertoestel. Verenigbaarheid met Microsoft Outlook het ook ’n knou gekry aangesien Outlook-gebruikers nie meer hul primêre Outlook-kalender kan sinkroniseer met ’n MobileMe-kalender nie; die enigste manier om MobileMe met Outlook te sinkroniseer is om ’n MobileMe-kalender deur CalDAV ingeskakel te hê. Dit beteken dat ’n MobileMe-kalender altyd deur Outlook beskou word as ’n sekondêre kalender en wekkers en kennisgewings werk nie.

Pryse Die onderstaande tabel bevat die koste wat Apple gehef het voordat die verkope op 6 Junie 2011 gestaak is ter voorbereiding van die skuif na iCloud. Gebruikers word tans aangemoedig om die MobileMe-dienste in iCloud te gebruik (rekeningmigrasie sal buitendien outomaties geskied), maar hulle kan voortgaan om hul MobileMe-dienste te gebruik en die me.com-webblad te gebruik totdat dit op 30 Junie 2012 gesluit sal word. Gebruikers wat MobileMe wil kanselleer—en gevolglik alle dienste staak—kan ’n volle terugbetaling kry indien hulle dit binne 45 dae van 6 Junie 2011, of pro-rata terugbetalings indien dit 46 dae of langer gekoop het. Dit is egter onduidelik of die terugbetalings sal voortgaan wanneer die iCloud-diens gelanseer is.

Mark Prys Persoonlik in VS$(vir vergelyking) Persoonlik Gesin VSA VS$ 99 $ 149 $  99    Kanada C$ 109 C$ 159 $ 104.99 Verenigde Koninkryk £ 60 £ 91 $  96.70 Eurosone € 79 € 119 $ 112.45 Europa (nie-EU) en Afrika € 65.29 € 98.35 $  92.93 Singapoer S$ 148 S$ 228 $ 117.41 Japan 9800 ¥ 15600 ¥ $ 116.63 Australië A$ 119 A$ 179 $ 123.45 Met die uitsondering van Switserland: € 70.25 / € 105.82 (Pryse verkry vanaf www.apple.com/mobileme op 16 April 2010).

Integrasie Mac OS X