Die North Sand Bluff-vuurtoring is 'n ten volle outomatiese vuurtoring geleë in Port Edward, aan die Natalse Suidkus net noord van die Mtamvunarivier. Die oorspronklike aluminium-tralietoring is in 1968 in gebruik geneem en in 1999 vervang met 'n betontoring.Transnet National Ports Authority , NPA lighthouse North Sand Bluff , Besoek op 22 Mei 2012
Dit is 'n 22 m (72 voet) hoë, ronde toring, met 'n fokale vlak van 38 m (125 voet). Dit lewer twee wit flitse, 3 sekondes uitmekaar, elke 10 sekondes. The Lighthouse Directory , Lighthouses of Eastern South Africa , Besoek op 22 Mei 2012
Sien ook Vuurtorings van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika