Die Swartspoegkobra (Naja nigricollis woodi) is 'n slang wat voorkom in die Weskus en die Karoo.

Voorkoms Die onvolwasse slang is grys met 'n swart kop en die volwasse slang is swart. Die slang maak sy kop bak wanneer hy bedreig word. Die slang word 1.2 - 2 m lank.

Gif Die gif is sitotoksies d.w.s. weefselvernietigend en ernstige weefselskade kan voorkom. 'n Teengif is beskikbaar.

Sien ook Alfabetiese lys van slange

Bron Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009

Verwysings

Kategorie:Slange