Die Voëleiland-vuurtoring is 'n 26 m (85 voet) hoë kliptoring geleë op Voëleiland, Algoabaai, 62 km oos van Port Elizabeth, en is in 1852 in gebruik geneem. Die bokant is rond en die onderkant vierkantig. Die bewaarder se huis is aan die basis van die toring. Die vuurtoring is rooi geverf met 'n wit horisontale baan aan die bokant en 'n groot wit kruis aan die voorkant.The Lighthouse Directory , Lighthouses of Eastern South Africa , besoek op 23 Mei 2012
Vuurtoringwagters is in Julie 1968 aan die Voëleiland-vuurtoring onttrek en die eiland word net elke ses weke besoek.Die Burger, 13 Februarie 1999, besoek op 12 Junie 2012
Sien ook Vuurtorings van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Vuurtorings van Suid-Afrika