Convair B-36 Peacemaker 280pxTipe Strategiese bomwerperBemanning 13 of 15Vervaardiger Consolidated VulteeEerste vlug 8 Augustus 1946Vervaardig 1946–1954Aantal gebou 384Uit diens gestel 12 Februarie 1959AfmetingsLengte 49,42 m Vlerkspan 70,12 mHoogte 14,25 mVlerkoppervlak 443,5 m² Massa en kapasiteitLeë massa 75 530 kg Maksimum opstygmassa 186 000 kgBomvrag 32 700 kgVegmassa 119 318 kgKragbronEnjins 6 Pratt & Whitney R-4360 Wasp Major-sterenjinsB-36D en latere ontwerpe: 2 of 4 bykomende General Electric J47-19 stralerenjinsWerkverrigting 6 x 2 835 kW SnelheidKruissnelheid 370 km/hMaksimumsnelheid 700 km/hReikafstand 6 415 km Diensplafon 13 300 m Klimvermoë 10,1 m/s Die Convair B-36 Peacemaker was 'n strategiese bomwerper wat deur Convair vervaardig en tussen 1949 en 1959 uitsluitlik deur die Amerikaanse Lugmag (United States Air Force, USAF) gebruik is.ThoughtCo.: Cold War: Convair B-36 Peacemaker. Besoek op 12 Februarie 2019
Die B-36 was die grootste massavervaardigde suierenjinvliegtuig en het met 70,1 meter die breedste vlerkspan van enige vegvliegtuig gehad wat ooit gebou is, alhoewel enkele groter militêre vragvliegtuie vervaardig is. Die B-36 was die eerste bomwerper wat in staat was om enige kernwapen uit die Amerikaanse arsenaal regstreeks vanuit sy vier bomruimtes af te werp sonder dat wysigings aan die vliegtuig aangebring moes word. Met 'n maksimum reikafstand van 9 700 kilometer en 'n maksimumbomvrag van 33 000 kilogram was die B-36 die eerste bemande interkontinentale bomwerper ter wêreld.
Die ontwikkeling van die B-36 het in die vroeë 1940's begin nadat die militêre gebeure in Europa vrese oor 'n Duitse inval in die Verenigde Koninkryk laat ontstaan het. Ná 'n moontlike Duitse besetting van die VSA se belangrikste bondgenoot sou hierdie bomwerpers in staat wees om teikens in Europa vanuit die Amerikaanse vasteland te bereik, met tussenlandings in die Amerikaans-besette Ysland.
Vanaf Februarie 1956 is B-36-bomwerpers geleidelik deur B-52s vervang. Die laaste vliegtuig is in Februarie 1959 uit bedryf gestel.
Verwysings
Eksterne skakels
youtube.com: Convair B-36
Kategorie:Bomwerpers