Die Boskobra (Naja melanoleuca) is 'n slang wat voorkom in die bosstreke van KwaZulu-Natal.
Voorkoms Die slang is geelbruin van kleur met donkerder kolle op die rug en lyf met 'n swart stert. Die pens is roomkleurig of geel en die skubbe blink. Die slang maak 'n bakkop wanneer dit bedreig word en word tussen 1.5 - 2.2 lank.
Gif Die gif is senuvergiftigend en onmiddellike behandeling is nodig anders sterf die pasiënt weens verlamming of versmoring. 'n Teengif is beskikbaar.
Algemeen Die slang word maklik met die Swartmamba verwar en is ook 'n goeie swemmer.
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009
Verwysings
Kategorie:Slange