Die Geelslang (Naja nivea) is 'n slang wat voorkom in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap. Die slang word ook die koperkapel of Kaapse kobra genoem.
Voorkoms Die slang se kleur wissel van geel tot geelbruin gevlek met donker kolle, tot donker rooierig bruin. Die punt van die stert is swarterig. Jong slange het 'n donker keelband wat ligter word namate hulle volwasse raak. Die geelslang maak ook sy kop bak wanneer hy bedreig word en sy lengte wissel van 1.2 – 2 m.
Gif Die gif is senuvergiftend en onmiddellike behandeling is nodig anders sterf die slagoffer weens verlamming en versmoring. 'n Teengif is beskikbaar.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron
Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009
Verwysings
Kategorie:Slange