Die gaboenadder (Bitis gabonica) of koningspofadder is 'n slang wat in die noordoostelike kusgebied van KwaZulu-Natal voorkom.
Voorkoms duimnael|links|Let op die klein "horingkies" tussen die neusgate en die twee strepe onder die oog.
Die slang is bruin, pienk of perserig van kleur met geometriese patrone op die lyf wat kleurryker is as dié van die pofadder. Die kop is driehoekig en die slang word 0.9 – 1.8 m lank.
Gif duimnael|links|Verspreiding in swart
Die gif is sitotoksies d.w.s. weefselvernietigend. Die slang spuit meer gif in sy slagoffer as die pofadder. Mediese behandeling is onmiddellik nodig anders sterf die slagoffer. 'n Teengif is beskikbaar.
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009
Verwysings
Kategorie:Adders