Emgee Pretorius (1923–2007) was 'n Afrikaanse akteur. Hy was 'n bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisie en het hoofrolle in TV-reekse soos Nommer asseblief (as De Jongh), Vyfster (as Priester) en Koöperasie­stories (as Veldsman) vertolk.

Pretorius begin sy professionele loopbaan in 1945 in The Merry Wives of Windsor, waarna hy by Andre Huegenot se geselskap aansluit en tot 1947 deur Suid-Afrika toer. Vanaf 1948 tot die einde van 1952 tree hy saam met Suid-Afrika se Nasionale Teater op, waarna hy die vermaaklikheidswêreld verlaat. Hy tree weer in 1979 toe om 'n belangrike rol in Afrikaanse TV-reekse te speel.Who's Who SA , besoek op 5 Mei 2012

Pretorius is op 1 Mei 2007 op 83-jarige ouderdom in die Wilgers-hospitaal in Pretoria weens 'n hartaanval oorlede.

Filmografie Dryfsand, 'n kykNET-drama. Der weisse Afrikaner, 2004 (TV-fliek) as Lombaard Drum, 2004 as Johan Snyman Stander, 2003 as die trouregter Grondbaronne, 1993 (TV-reeks) Nag van die negentiende, 1992 Liewe Hemel, Genis!, 1986 as Veldsman Vyfster: Die Slot, 1985 as Priester Skollie, 1984 as Priester Vyfster, 1984 (TV-reeks) as Priester Koöperasiestories, 1983 (TV-reeks) as Veldsman Nommer asseblief, 1979 (TV-reeks) as De Jongh Die wildsboudjie, 1946 Sterretjie

Verwysings

Eksterne skakels 'n Huldeblyk op YouTube.

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2007 Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs van die 21ste eeu