Kom saam, vanaand is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat in 1949 uitgereik is. Dit is die eerste musiekblyspele wat in Afrikaans verfilm is en die regisseur Pierre de Wet se grootse treffer. Die hoofrolle word deur Frederik Burgers, Pierre de Wet, Al Debbo en Hendrik Susan vertolk.

Genre Die rolprent is 'n musiekblyspel. Dit het geen ouderdomsperk op nie.

Hoofrolspelers Frederik Burgers as homself Pierre de Wet as homself Al Debbo as homself Hendrik Susan as homself Jan Bruyns Jan Cronjé as Otto Joubert

Storielyn Otto Erasmus en Louise Bekker, albei rykmanskinders, is baie verlief en Otto wag net op die regie oomblik om haar te vra om met hom te trou. Maar dan vind Louise uit dat haar pa se besigheid omtrent bankrot is en hulle hul huis en besittings moet verkoop en sy verbreek haar en Otto se verhouding.

Intussen word haar talentvolle sussie, Tjoeksie, beseer toe die vleuelklavier tydens die trek op haar val. Haar droom om 'n sangloopbaan te volg, is daarmee heen en haar enigste hoop om ooit weer te loop, is 'n operasie in die buiteland - wat haar pa nie kan bekostig nie.

Met die hulp van Otto se vriend in die vermaaklikheidswêreld en gasoptredes deur verskeie bekende kunstenaars, hou hulle 'n verskeidenheidskonsert en samel genoeg geld in vir Tjoeksie se operasie.

Intussen kom Olto se pa met 'n aanbod wat mnr Bekker nie kan weier nie.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels IMDB fliek databasis

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente