Hop (Humulus lupulus) is 'n meerjarige klimplant, waarvan die vroulike bloeiwyse vir die voorbereiding van bier gebruik word om dit 'n bitter, dog aangename smaak te gee. Hop is inheems aan Europa, Wes-Asië en Noord-Amerika. In Suid-Afrika word dit op plase rondom George gekweek.

Outeniqua-hop Hops word in Suid-Afrika veral in Outeniekwaland gekweek en daar bestaan 'n eie hopvariëteit wat Outeniqua-hops genoem word en afstam van die Atlas-variëteit en 'n wilde voorouer uit Joego-Slawië. Outeniqua-hop het 'n hoë gehalte alfasure van 12-13,5%.

Fotogalery

Let Wel Die korrekte benaming vir hierdie plant in Afrikaans is hop en nie hops nie.

Verwysings

Bronnelys Kruger, Elfriede: Hop les bielie van 'n dors. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 35, nr. 5, September/Oktober 1990. ISSN 0491-4783 Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor-Uitgewery. 1981. Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Rankplante