Namakgale is 'n groot township naby Phalaborwa in die ooste van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer. Nabygeleë dorpe sluit in Phalaborwa (12 km), Lulekani (10 km), Makhushane en Ga-Mashishimale op die R71 provinsiale pad na Gravelotte. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 36 365 gehad.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Limpopo