Brits-Indië (Engels: British Raj of Indian Empire, Hindi: ब्रिटिश राज, Oerdoe: برطانوی راج) of Brits Rai (rāj afgelei van "regeer") Oxford English Dictionary, 2nd edition, 1989: from Skr. rāj: to reign, rule; cognate with L. rēx, rēg-is, OIr. rī, rīg king was 'n Britse kolonie op die Indiese subkontinent en dele van Indo-China, wat tussen 1858 en 1947 bestaan het. Die gebied het as Indië bekend gestaan en was onderverdeel in gebiede onder die gesag van inheemse vorste en gebiede wat direk deur die Britte regeer is. Die direkte beheer deur die Britse Oos-Indiese Kompanjie is ná die Indiese opstand van 1857 aan die Britse regering oorgedra. Oxford English Dictionary, 2nd edition, 1989. "b. spec. the British dominion or rule in the Indian sub-continent (before 1947). In full, British raj. Volgens die verdrae met die prinsdomme in 1857 het Indië 'n Keiserryk geword en Victoria van die Verenigde Koninkryk is tot keiserin van Indië geproklameer.

duimnael|links|Vlootvaandel van Brits-Indië duimnael|links|Brits-Indië binne die Britse Ryk, 1921 duimnael|links|Kaart van Brits-Indië, 1909 duimnael|links|Verspreiding van godsdienste in Brits-Indië, 1909 Ná 1876 is die gebied Indiese Ryk (Indian Empire) genoem met die monarg van Groot-Brittanje as keiser van Indië. Soldate van die Indiese Ryk het aan die Britse Ryk se kant aan die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog geveg. Brits-Indië was ook 'n stigterslid van die Volkebond, die Verenigde Nasies en Indië het aan die Olimpiese Somerspele van 1900, 1920, 1928, 1932 en 1936 deelgeneem.

Onder Mahatma Gandhi het die Indiese onafhanklikheidsbeweging begin en het in 1947 sy doelwit bereik, maar Brits-Indië is vervolgens in die lande Indië en Pakistan verdeel. Mianmar (destyds Burma genoem) het in 1937 'n eie kolonie geword, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Japan beset is en in 1948 onafhanklik geword het.

Brits-Indië is as die juweel in die Britse Kroon beskou en die destyds belangrikste kolonie van die Britse Ryk, nog voor Australië, Kanada, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Britse Ryk Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Mianmar Kategorie:Geskiedenis van Pakistan