duimnael| Boca Juniors is 'n Argentynse sokkerspan uit die wyk Boca in Buenos Aires. Die span speel in die Primera División (die hoogste afdeling). Boca speel se tuiswedstryde in La Bombonera, wat 'n kapasiteit vir 58 000 ondersteuners het.
Boca is een van die gewildste spanne in Argentinië en het al 34 nasionale kampioenskappe, 6 Copa Libertadores en 3 Wêreldbekers gewen. Die ondersteuners van die klub het sterk mededinging met die ondersteuners van River Plate (wat ook in Buenos Aires speel). Hierdie derby staan bekend as die Superclásico.
Erelys Kampioen van Argentinië (34) 1919, 1920, 1923, 1924, 1926, 1930, 1931, 1934, 1935, 1940, 1943, 1944, 1954, 1962, 1964, 1965, 1969 Nacional, 1970 Nacional, 1976 Metropolitano, 1976 Nacional, 1981 Metropolitano, 1992 Apertura, 1998 Apertura, 1999 Clausura, 2000 Apertura, 2003 Apertura, 2005 Apertura, 2006 Clausura, 2008 Apertura, 2011 Apertura, 2015, 2016/17, 2017/18 , 2019/20 Copa Libertadores (6) 1977, 1978, 2000, 2001, 2003, 2007 (naaswenner (5): 1963, 1979, 2004, 2012, 2018) Copa Sudamericana (2) 2004, 2005 Recopa Sudamericana (4) 1990, 2005, 2006, 2008 (naaswenner (1): 2004) Wêreldbeker vir Klubs (3) 1977, 2000, 2003 (naaswenner (2): 2001, 2007)
Bekende sokkerspelers Diego Maradona Roberto Mouzo Martín Palermo Román Riquelme Carlos Tévez
Kategorie:Sport in Buenos Aires Kategorie:Sokker in Argentinië Kategorie:Argentynse sokkerklubs