Oude Post was 'n VOC-handelspos van ongeveer 1730 tot 1791, sowat ‘n kilometer stroomaf van Suurbraak aan die Buffeljagsrivier geleë. Die VOC het die handelspos “op Rietvalleij aan de Buffeljagds Rivier” gehad ter beskerming van die veeboere en goedgesinde Khoi teen die San. Hier is trekosse van die Hessekwa verky, maar hulle moes ook die ongewensde handel in beeste met die Khoi beheer. ‘n Korporaal en sewe dragonders is met die taak belas. ‘n Gedenkteken opgerig deur die Stigting VOC langs die R324 tussen Swellendam en Barrydale dui die juiste plek aan.

Verwysings

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika