Die Primera División is die hoogste sokkerafdeling in Argentinië (die afdeling moenie verwar word met die Spaanse Primera División nie). Die kompetisie bestaan uit 20 spanne. Soos by meeste Suid-Amerikaanse sokkerkompetisies is daar twee kampioenskappe per seisoen: Die Apertura (in die winter) en die Clausura (in die somer). In die Apertura en in die Clausura speel die spanne net een keer teen mekaar – as Klub A tuis teen Klub B in die Apertura gespeel het, speel Klub B tuis speel teen Klub A in die Clausura. Na elke seisoen (dus Apertura én Clausura) relegeer die twee spanne met die slegste gemiddelde telling oor drie seisoene na die Primera B Nacional (2de afdeling).
Boca Juniors is die huidige kampioene.
Klubs in seisoen 2023 Argentinos Juniors Arsenal Atlético Tucumán Banfield Barracas Central Belgrano Boca Juniors Central Córdoba Colón Defensa y Justicia Estudiantes Gimnasia y Esgrima Godoy Cruz Huracán Independiente Instituto Lanús Newell's Old Boys Platense Racing River Plate Rosario Central San Lorenzo Sarmiento Talleres Tigre Unión Vélez Sarsfield
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Sokkerkompetisies in Argentinië Kategorie:Sokkerligas