Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Hausa (volk).
duimnael|links|Verspreiding van Afro-Asiatiese tale in Nigerië Hausa (هَوُسَ of هَرْشَن هَوْسَ; Yaren Hausa of Harshen Hausa, letterlik: "Hausa-taal") is 'n Afro-Asiatiese taal in Wes-Afrika wat deur sowat 25 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Hausa-volk gepraat en is ná Engels en saam met Igbo en Joroeba een van Nigerië se amptelike tale. Hausa is ná Arabies, Frans, Engels en Swahili die belangrikste taal in Afrika.
Hausa is die belangrikste van die Tsjadiese tale en word naas ander tale hoofsaaklik in Noord-Nigerië en in Suidwes-Niger gepraat. Daar is ook sprekers in Benin, Ghana, Ivoorkus, Kameroen, Soedan, Tsjad en Togo.
Hausa is 'n analitiese toontaal met 'n subjek-predikaat-objek-sintaks. Hausa is tradisioneel in 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geskryf maar tans word veral 'n aangepasde Latynse alfabet gebruik.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Afro-Asiatiese tale Kategorie:Tale van Benin Kategorie:Tale van Ghana Kategorie:Tale van Ivoorkus Kategorie:Tale van Kameroen Kategorie:Tale van Niger Kategorie:Tale van Nigerië Kategorie:Tale van Soedan Kategorie:Tale van Togo Kategorie:Tale van Tsjad