Die Gotiese alfabet is ´n alfabetiese skrif wat in die 4de eeu deur die Gotiese biskop Wulfila geskep is vir die skryf van Goties sodat hy die Nuwe Testament van die Bybel in Goties kon vertaal. Wulfila was ’n sendeling en Bybel-vertaler van Kappadosië.Volgens die getuienis van die historici Philostorgius, Socrates van Konstantinopel en Sozomen. Cf. Streitberg (1910:20). Die Gotiese vertaling van die Nuwe Testament is die enigste omvattende boek in 'n Oos-Germaanse taal wat behoue gebly het.

Oorsprong Woelfila het waarskynlik met opset nie die ouer rune-alfabet vir sy doel gebruik nie vanweë die Germaanse heidense gelowe en gebruike waarmee dit verbind is.Cf. Jensen (1969:474). Verder het die Grieks-gebaseerde skrif gehelp om die Gote te laat deel word van die hoofsaaklik Grieks-Latynse kulture van die Swartsee.Cf. Haarmann (1991:434). Die individuele letters het egter steeds name wat afgelei is van dié vir hul rune-ekwivalente.

Die letters Die alfabet is hoofsaaklik ’n skryfstelsel van hoofletters van die Griekse alfabet, met ’n paar bykomende letters om tipiese Gotiese klanke weer te gee: die Latynse F, twee Rune-letters om /j/ en /w/ te onderskei van /i/ en /u/, en die letter "ƕair". Die letters het name - gewoonlik ´n woord wat met dieselfde klank begin. Hierdie beginsel is kenmerkend van die Runeskrif. Die letters van die Latynse en Griekse skryf-stelsels het name wat (soos "alpha", "beta" ens.) opsigself niks beteken nie. Die klanke, volgorde en name van die letters is opgeteken in die Alkuin-skrifstuk uit die 9de eeu.

Onder is ’n tabel van die Gotiese alfabet. Twee letters wat in die transliterasie daarvan gebruik word, kom nie in Afrikaans voor nie: þ en ƕ. Die letters het ook syferwaardes gehad wat gewoonlik tussen twee punte (•𐌹𐌱• = 12) of met ’n streep bo (𐌹𐌱 = 12) geskryf is. Twee letters, vir 90 en 900, het geen fonetiese waarde nie.

Letter Translit. GrieksGotiese naamRune-naam IFA Syferwaarde x48px 𐌰 a Α aza < ans "god" of asks "as" *ansuz /a, aː/ 1 x48px 𐌱 b Β bercna < *bairka "berk" *berkanan /b/ [b, β] 2 x48px 𐌲 g Γ geuua < giba "geskenk" *gebō /ɡ/ [ɡ, ɣ, x]; /n/ [ŋ] 3 x48px 𐌳 d Δ daaz < dags "dag" *dagaz /d/ [d, ð] 4 x48px 𐌴 e Ε eyz < aiƕs "perd" og eivs "taksusboom" *eihwaz /eː/ 5 x48px 𐌵 q Π quetra < *qairþra ? of quairna "meulsteen" (sien *perþō) /kʷ/ 6 x48px 𐌶 z Ζ ezec < ezec? (sien *algiz) /z/ 7 x48px 𐌷 h H haal < *hagal of *hagls "hael" *haglaz /h/ 8 x48px 𐌸 þ, th Θ thyth < þiuþ "goed" of þaurnus "doring" *thurisaz /θ/ 9 x48px 𐌹 i Ι iiz < *eis "ys" *īsaz /i/ 10 x48px 𐌺 k Κ chozma < *kusma of kōnja "dennesap" *kaunan /k/ 20 x48px 𐌻 l Λ laaz < *lagus "see, meer" *laguz /l/ 30 x48px 𐌼 m Μ manna < manna "man" *mannaz /m/ 40 x48px 𐌽 n Ν noicz < nauþs "behoefte" *naudiz /n/ 50 x48px 𐌾 j ᛃ gaar < jēr "jaar" *jēran /j/ 60 x48px 𐌿 u ᚢ uraz < *ūrus "oeros" *ūruz /u, uː/ 70 x48px 𐍀 p Π pertra < *pairþa ? *perþō /p/ 80 x48px 𐍁 Ϙ 90 x48px 𐍂 r R reda < *raida "wa" *raidō /r/ 100 x48px 𐍃 s S sugil < sauïl of sōjil "son" *sôwilô /s/ 200 x48px 𐍄 t Τ tyz < *tius "die god Týr" *tīwaz /t/ 300 x48px 𐍅 w Υ uuinne < vinja "veld" of vinna "pyn" *wunjō /w, y/ 400 x48px 𐍆 f F fe < faihu "beeste, rykdom" *fehu /f/ 500 x48px 𐍇 x Χ enguz < *iggus of *iggvs "die god Yngvi" *ingwaz /x/? 600 x48px 𐍈 ƕ, hw Θ uuaer < *ƕair "ketel" - /hʷ/ 700 x48px 𐍉 o Ω, ᛟ utal < *ōþal "erfgrond" *ōþala /oː/ 800 x48px 𐍊 Ϡ 900

Unicode Die Gotiese alfabet is tot die Unicode-standaard gevoeg in Maart 2001, met die uitreiking van weergawe 3.1. Die Unicode-blok daarvoor is U+10330–U+1034F.

Sien ook Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

Haarmann, Harald (1991). Universalgeschichte der Schrift. Frankfurt: Campus. Jensen, Hans (1969). Die Schrift in Vergangenheit und Gegenwart. Berlyn: Deutscher Verlag der Wissenschaften.

Eksterne skakels Omniglot 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Alfabette Kategorie:Oos-Germaanse tale