Kharosthi of Kharoṣṭhī is ’n antieke Indiese skrif wat deur die Gandhara-kultuur van die noordwestelike deel van Suid-Asië (hoofsaaklik hedendaagse Afganistan en Pakistan) gebruik is om Ghandari (’n dialek van Prakrit) en Sanskrit te skryf. Dit is ’n abugida, ’n soort lettergreepstelsel, wat van minstens die middel van die 3de eeu v.C. gebruik is totdat dit in omstreeks die 3de eeu n.C. uitgesterf het.

Letters Kharosthi is meestal van regs na links geskryf, maar in sommige inskripsies is reeds van links na regs geskryf, ’n neiging wat algemeen was in latere Suid-Asiese skrifte. Elke lettergreep bestaan uit ’n konsonant en kort a-klank; ander klinkers word met leestekens aangedui. Onlangs is bewyse gevind dat die letters ’n volgorde gehad het wat nou bekend is as die "Arapacana"-alfabet is. Soos dit in Sanskrit-dokumente bewaar gebly het, is die volgorde:

a ra pa ca na la da ba ḍa ṣa va ta ya ṣṭa ka sa ma ga stha ja śva dha śa kha kṣa sta jñā rtha (of ha) bha cha sma hva tsa gha ṭha ṇa pha ska ysa śca ṭa ḍha

Sommige variasies kom in bestaande dokumente voor in die getal en volgorde van die letters. Kharosthi het net een klinker gehad wat aan die begin van woorde gebruik is. Ander beginklinkers gebruik dieselfde teken met leestekens bygevoeg.

24px a 24px i 24px u 24px e 24px o 24px ṛ

24px k 24px kh 24px g 24px gh 24px c 24px ch 24px j 24px ñ 24px ṭ 24px ṭh 24px ḍ 24px ḍh 24px ṇ 24px t 24px th 24px d 24px dh 24px n 24px p 24px ph 24px b 24px bh 24px m 24px y 24px r 24px l 24px v 24px ś 24px ṣ 24px s 24px h

24px ḱ 24px ṭ́h

Syfers Kharosthi het ’n stel syfers ingesluit wat herinner aan die Romeinse stelsel.Graham Flegg, Numbers: Their History and Meaning, Courier Dover Publications, 2002, , bl. 67f.

24px 1 24px 2 24px 3 24px 4 24px 10 24px 20 24px 100 24px 1000

Unicode Kharosthi is tot die Unicode-standaard gevoeg in Maart 2005, met die uitreiking van weergawe 4.1. Die Unicode-blokdaarvoor is U+10A00—U+10A5F.

Sien ook Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

Eksterne skakels Lys van Kharosthi-inskripsies Omniglot 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geskiedenis van Afghanistan Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Pakistan Kategorie:Abugidas