Die Bekerwenner-beker was 'n sokkerbekertoernooi vir Europese sokkerklubs wat tussen 1960 en 1999 bestaan het. Net die wenners van die nasionale bekertoernooie in Europa het hieraan deelgeneem en UEFA het die uitkloptoernooi georganiseer. Na 1999 het die toernooi met die UEFA-beker saamgesmelt. Die wenner van die toernooi het die geleentheid gehad om die wenners van die Europese Beker uit te daag in 'n bekerwedstryd genaamd die UEFA Superbeker.

Verwysings

Eksterne skakels

rsssf.com: European Cup Winners' Cup

Kategorie:UEFA Kategorie:Sokkerkompetisies