The Mayfield Four was ’n Amerikaanse rockgroep wat in 1996 deur Myles Kennedy in Spokane, Washington gestig is. Die groep het twee albums, Fallout en Second Skin, vrygestel voordat hulle in 2002 ontbind het.

Geskiedenis The Mayfield Four is in 1996 gestig in Spokane deur vier jeugvriende wat ’n voorliefde vir musiek en optrede gedeel het. Hulle was Myles Kennedy as sander en hoofkitaarspeler, Craig Johnson op ritmekitaar (albei het voorheen lede van Citizen Swing), Marty Meisner op baskitaar en Zia Uddin op tromme. In die Amerikaanse herfs van 1996 het die groep ’n platekontrak met Epic Records geteken danksy hulle krities bekroonde voorbeeldplaat Thirty Two Point Five Hours wat vroeër die jaar opgeneem is. Dit is opgevolg met ’n langspeler getiteld Motion wat tydens ’n konsert in 1997 opgeneem is. The Mayfield Four se debuutalbum, Fallout, is ondersteun deur ’n toer van vyftien maande met groepe soos Creed, Big Wreck en Stabbing Westward. Dit album is deur goed ontvang deur resensente maar kon nie die musiekaanwysers haal nie. Dit het daartoe gelei dat Craig Johnson deur die groep in die pad gesteek is weens onbekende redes. Na die vrystelling van die album is die groep se tweede, en laaste album, Second Skin in Junie 2001 vrygestel. Die album is ook goed ontvang deur resensente en Kennedy het opgemerk hoe hierdie album en Fallout baie meer gewild is as toe dit vrygestel is.

Hoewel The Mayfield four gewild was het hulle nooit genoeg blootstelling gekry om ’n inbreku op die hoofstroom te maak nie. In 2002 het die toekoms van die groep donker gelyk. Die groep het daardie jaar ’n breuk geneem en uiteindelik ontbind. Drie liedjies wat voorheen nooit vrygestel is nie het vroeg in 2010 op ’n ondersteunersblad van MySpace verskyn wat gerugte dat die groep weer byeen gaan kom tot gevolg gehad het. Kennedy het dit egter in ’n onderhoud ontken.

Die lede van die groep het sedertdien met ander kunstenaars begin saamwerk en ook lede van ander groepe geword. Die mees opvallende is Kennedy se deelname met die lede van Creed in die groep Alter Bridge, vir wie hy kitaar speel en sing. Hy het ook met Slash saamgewerk en getoer. Toerlede Alessandro Cortini het van 2005 af saam met Nine Inch Nails getoer as klawerbordspeler en saamgewerk op hul mees onlangse albums Ghosts I-IV en The Slip.

Lede Myles Kennedy – hoofsanger, hoofkitaar (1996–2002) Craig Johnson – ritmekitaar (1996–1999) Marty Meisner – baskitaar (1996–2002) Zia Uddin – tromme (1996–2002)

Toerlede Alessandro Cortini – ritmekitaar, agtergrondsang (2000–2002)

Diskografie Albums Fallout (1998) Second Skin (2001)

Langspelers Motion (1997)

Voorbeelde Thirty Two Point Five Hours (1996)

Enkelspelers

1998 Always 1998 Don't Walk Away 2001 Eden (Turn the Page) 37 VS Hot Mainstream Rock Tracks 2001 Sick and Wrong

Verwysings

Eksternale skakels (nie-amptelik) The Mayfield Four Net

Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe