Die Oud-Oeigoerse alfabet is gebruik vir die skryf van Oud-Oeigoers, ’n variant van Oud-Turks wat ’n voorloper was van moderne Oeigoers. Dit is in die Tarim-kom (die hedendaagse Xinjiang-streek) in Wes-China gepraat. Die term "Oeigoers" wat vir die alfabet gebruik word, is misleidend aangesien die Oeigoere van Mongolië die Oud-Turkse rune-skrif gebruik het en eers die plaaslike taal en skrif aangeneem het toe hulle ná 840 na die Tarim-kom gemigreer het.

Letters Die skrif was ’n aanpassing van die Sogdiese alfabet, wat 700 tot 800 jaar lank in die Tarim-kom gebruik is vir tekste van Boeddhisme, Manicheïsme en die Christendom. Die laaste bekende manuskripte dateer uit die 18de eeu. Dit was die prototipe vir die Mongoolse en Mantsjoe-alfabet.

Die Oud-Oegoerse skryfstelsel het nes in die Sogdiese alfabet lang klinkers aangedui, maar ook kortes. Die praktyk om nie klinkers te skryf nie, het eintlik heeltemal verdwyn in Oeigoers.Clauson, Gerard. 2002. Studies in Turkic and Mongolic linguistics. P.110-111. Hoewel die skrif dus afstam van ’n Semitiese abjad, het dit ontwikkel in ’n ware alfabet.Houston, Stephen D. 2004. The first writing: script invention as history and process. P.59

Lêer:Uighur vert.gif

Moderne Oeigoers Moderne Oeigoers in Xinjiang word in ’n Arabies–gebaseerde alfabet geskryf, maar Latyns- en Cyrillies-gebaseerde alfabette is ook in gebruik, veral buite Xinjiang.

Sien ook Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

Eksterne skakels Omniglot Voorbeelde van die Oud-Oeigoers alfabet

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>

Kategorie:Abjads Kategorie:Xinjiang Kategorie:Alfabette