Sias Ebersohn (gebore in Bloemfontein, 23 Februarie 1989) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as ’n losskakel speel in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebekerreeks. Ebersohn het Suid-Afrika as 'n Junior Bok verteenwoordig by die IRR Junior Wêreldkampioenskap in 2008 en 2009.
Ebersohn het oorsee gespeel vir die Australiese Force nadat hy 'n kontrak geteken het vir die 2013 tot 2015 Superrugbyseisoene.
Hy keer middel-2015 terug na Bloemfontein vir die Curriebekerseisoen, en sal in 2016 weer vir die Cheetahs uitdraf in Superrugby.
Eksterne skakels
itsrugby.co.uk profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Universiteit van die Vrystaat