FC Dynamo Kijif (Oekraïens: ФК Динамо Київ) is 'n Oekraïense sokkerklub in Kijif wat in die Premjer Liha (die hoogste Oekraïense sokkerafdeling) speel. Die span speel sy meeste tuiswedstryde in die Lobanofski-stadion (kapasiteit: 17 000 toeskouers), maar sy belangrike wedstryde in die Olimpiese Stadion van Kijif, wat met 70 000 sitplekke 'n baie groter kapasiteit het.

Dynamo was in die tyd van die Sowjetunie die beste span in die Sowjet-topliga, met 13 kampioenskappe. Ook het die span Europese bekers gewen: twee keer die Bekerwenner-beker. Sedert Oekraïne 'n eie kompetisie het, het Dynamo met ook 15 kampioenskappe die meeste titels en is die span verreweg die gewildste span van die land. Slegs Sjachtar Donetsk is 'n mededinger in hierdie kompetisie.

Erelys Kampioen van Oekraïne (17) 1993, 1994, 1995, 1996, 1997, 1998, 1999, 2000, 2001, 2003, 2004, 2007, 2009, 2015, 2016, 2021, 2025. (naaswenner (11): 1992, 2002, 2005, 2006, 2008, 2010, 2011, 2012, 2017, 2018, 2019) Kampioen van die Sowjetunie (13) 1961, 1966,1967, 1968, 1971, 1974, 1975, 1977, 1980, 1981, 1985, 1986, 1990 (naaswenner (11): 1936, 1952, 1960, 1965, 1969, 1972, 1973, 1976, 1978, 1982, 1988) Oekraïense Beker (12) 1993, 1996, 1998, 1999, 2000, 2003, 2005, 2006, 2007, 2014, 2015, 2020. (naaswenner (5): 2002, 2008, 2011,2017,2018) Sowjetbeker (9) 1954, 1964, 1966, 1974, 1978, 1982, 1985, 1987, 1990 (naaswenner (1): 1973) Oekraïense Superbeker (8) 2004, 2006, 2007, 2009, 2011,2016, 2018, 2019) (naaswenner (5): 2005, 2008, 2014, 2015, 2017) Sowjetsuperbeker (3) 1980, 1985, 1986 (naaswenner (2): 1977, 1987) Bekerwenner-beker (2) 1975, 1986 Europese Superbeker (1) 1975 (naaswenner (1): 1986) GOS-beker (4) 1996, 1997, 1998, 2002 (naaswenner (1): 1999)

Bekende sokkerspelers Igor Belanof Oleg Blochin Andri Sjeftsjenko

Kategorie:Oekraïense sokkerklubs