duimnael|regs|200px|Die Unicode-kenteken
Unicode is 'n internasionale standaard vir die kodering van binêre kodes na grafiese tekens en simbole, vergelykbaar met die ASCII-standaard. Die standaard word onderhou deur die Unicode-konsortium. In teenstelling met ASCII (slegs Engels) of Latin-1 (slegs Wes-Europese tale) het Unicode ten doel om alle gebruikte skrifte (soos die Griekse alfabet en Chinese karakters) te ondersteun. Die standaard bevat tans ongeveer 100 000 gestandaardiseerde tekens en ongeveer 900 000 wat vir toekomstige gebruik gereserveer is.
Die standaard voorsien alle tekens en simbole ("karakters") van alle geskrewe tale van 'n nommer. Die Unicode-standaard skryf egter glad nie voor hoe karakters visueel voorgestel moet word nie.
Kyk ook Spesiale karaktersː Unicode, ASCII, HTML
Eksterne skakels Tuisblad van die Unicode-werkgroep DecodeUnicode - Unicode-WIKI, 50 000 gifs Skakels na Unicode-kodebladsye
Kategorie:Skryfstelsels