Coelacanthiformes, algemeen bekend as selakante, is 'n vis-orde wat tot die klas Sarcopterygii behoort. Hul oorsprong kan na die vroeë Devoon nagespeur word. Daar is slegs twee lewende spesies, wat albei tot die genus Latimeria en familie Latimeriidae behoort. Elf verdere genera in die familie is almal uitgestorwe, benewens 9 genera in die Mawsoniidae. Oor die klassifikasie van etlike ander fossielgenera is daar nie eenstemmigheid nie. duimnael|links|Serenichthys kowiensis, 'n uitgestorwe selakantspesie waarvan fossiele naby Grahamstad gevind is, word as 'n spesie in die Diplocercididae beskou.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Visordes van Suider-Afrika

Bron http://fishbase.org

Kategorie:Vleisvinvisse