Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Tambof-oblast.
Tambof (Russies: Тамбо́в) is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Tambof-oblast. Dit is geleë aan die Tsna- en die Stoedenets-rivier, 480 km suidoos van Moskou. Die bevolking in 2014 was 284 972.
Die naam "Tambof" kom van die Moksja-woord томба (tomba), wat "vleiland" of "moerasland" beteken.
Eksterne skakels Tambof-nuus Foto's
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Rusland