Lokeren is 'n Belgiese stad in die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere. Lokeren het 'n oppervlakte van 67 km² en 40 332 inwoners (2014). Die Durme-rivier is 'n sytak van die Skelde en vloei deur die stad.

Die stad beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Sint-Niklaas, Antwerpen, Brussel, Zele, Dendermonde en Gent bied.

Lokeren kry in 1804 stadstatus.

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Lokeren

Kategorie:Munisipaliteite in Oos-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Oos-Vlaandere Kategorie:Stede in Vlaandere