Die Republiek van Ingoesjetië (Russies: Респу́блика Ингуше́тия, Respoeblika Ingoesjetija; Ingoesjeties: ГӀалгӀай Мохк, Ğalğaj Moxk) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Die hoofstad is Magas.Dit is die kleinste van die federale deelgebiede buiten die twee federale stede, Moskou en Sint Petersburg.

Dit is op 4 Junie 1992 gestig nadat die OSSR Tsjetsjnië-Ingoesjetië in twee verdeel is.Верховный Совет РСФСР. Закон от 4 июня 1992 г. «Об образовании Республики Ингушетия в составе РСФСР». (Opperste Sowjet, RSFSR) Die republiek se inheemse bevolking is die Ingoesjetiërs. Die bevolking volgens die 2010-sensus is 412 529. Russiese 2010-sensus

Die naam Ingoesjetië is afgelei van die antieke dorp Ongoesjt (in 1859 hernoem na Tarskaja en in 1944 verskuif na Noord-Ossetië) en die Georgiese uitgang -eti – saam beteken dit "(land) waar die Ingoesj woon". Ingoesjetië is een van Rusland se armste en onrustigste gebiede. Die voortslepende militêre konflik in die naburige Tsjetsjnië het van tyd tot tyd oorgespoel na Ingoesjetië, en die republiek is gedestabiliseer deur korrupsie, ’n paar opspraakwekkende misdade (insluitende ontvoering en moord op burgers deur veiligheidsmagte van die regering ), opstande teen die regering, aanvalle op soldate en offisiere, Russiese militêre onmatighede en ’n afname in menseregte.Urgent Need for Vigorous Monitoring in the North Caucasus . Human Rights Watch/Reuters, 15 April 2008.

Geografie duimnael|210px|links|'n Kaart van Ingoesjetië en sy bure. Ingoesjetië is aan die noordelike hange van die Kaukasusgebergte geleë. Dit grens aan die republieke Noord-Ossetië-Alanië (SW/W/NW/N) en Tsjetsjnië (NO/O/SO) en die land Georgië (S). Die hoogste piek is die Gora Shan (4451 m).

Riviere Groot riviere sluit in: Terek Assa Soenzja

Natuurlike hulpbronne Die republiek is ryk aan marmer, hout, dolomiet, kalkklip, gruis, graniet, warmbronne, mineraalwater, seldsame metale olie en gas.

Verwysings Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel

Kategorie:Russiese republieke