Die pou-klipvis (Pavoclinus pavo) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en kom voor vanaf Lüderitz tot by die Groot-Keirivier. In Engels staan die vis bekend as die Peacock clinid.

Voorkoms Die vis se kleur hang af van die tipe seewier waarin die vis leef. Daar is wel blougroen lyne op die kop net agter die oë op al die visse. Die vis word tot 15 cm lank.

Habitat Die vis leef in poele en vlak, rotsagtige areas tussen alge en gaan selde dieper as 10 m.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel https://www.fishbase.de/summary/Pavoclinus-pavo.html

Kategorie:Beenvisse