Die Gestreepte draadvin (Polydactylus plebeius) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Kenia tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Striped threadfin.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwer aan die bokant en ligter aan die onderkant met 7 - 8 horisontale swart strepe oor die lyf. Die vis het twee dorsale vinne en daar is vyf strale aan die onderkant van die kop. Die vis word 55 cm groot.

Habitat Die vis verkies riviermondings en kuswater tot op 'n diepte van 122 m om in te leef. Hulle is hermafrodiete.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Polydactylus-plebeius.html

Kategorie:Beenvisse