Sint Columba van Iona, (* 7 Desember 521 in Gartan, Ierland; † 9 Junie 597 op die eiland Iona, Skotland) ook bekend as Colum Cille (['xolumʴ 'çiLʴe], Oud-Iers, "Duif van die kerk"), Colm Cille (Iers-Gaelies), Calum Cille (Skots-Gaelies) en Kolban of Kolbjørn (Oudnoors, "Swart Beer"), Skotland, was 'n Ierse monnik en sendeling wat in die vroeë middeleeue sendingwerk by die inheemse bevolking van Skotland, die Pikte, gedoen het. Hy word as een van die "drie beskermhere" en "twaalf apostels van Ierland" beskou.
Eksterne skakels
Kategorie:Iere Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Mense in die 6de eeu Kategorie:Sendelinge Kategorie:Christendom in Ierland Kategorie:Christendom in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Geboortes in 521 Kategorie:Sterftes in 597