Die Asiatiese kat (Engels: Asian), ook bekend as die Maleise kat (Malayan), is ’n kortharige katras soortgelyk aan die Birmaanse kat, maar met meer kleure en patrone.

Die ras is in die 1980's begin teel. Die kat is van gemiddelde bou, met ’n gespierde, kompakte lyf met baie min vet. Die bors is breed en rond en die bene slank. Die stert is van gemiddelde lengte en die oë geel.

Die kort pels is sag en blink. Daar is vier verskillende groepe: effekleure (insluitende die Bombaaikat, wat ’n swart Asiatiese kat is), gestreep, rookkleur en getint. Laasgenoemde word deur die Fédération Internationale Féline as ’n aparte ras, die Burmilla, geklassifiseer.

Sy geaardheid is baie soos dié van die Birmaanse kat, een van die rasse wat gebruik is om die kat te teel. Hulle is intelligent, sosiaal en vriendelik met mense.

Asiatiese halflanghaarkat duimnael|140px|links|’n Wit Asiatiese halflanghaarkat. Daar is ook ’n Asiatiese halflanghaarkat, wat soms die Tiffany genoem word. Dieselfde kleure word toegelaat as by die Asiatiese en die Birmaanse kat. Hulle is baie skaars en word in Brittanje erken, maar nie in Amerika nie.

Sien ook Lys van katrasse

Eksterne skakels Suider-Afrikaanse standaarde Bombay and Asian Self Breed Club Asiatiese Katvereniging

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Katrasse