Die Drievinne (Tripterygiidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is dertig genera met minstens 140 spesies in die familie. Twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die uitstaande kenmerk van die familie is die feit dat hulle drie dorsale vinne het. Die liggaam is lank en platterig en is bedek met klein skubbe. Die familie word 2 – 8 cm groot. Die familie is gewoonlik alleenswemmers en eet klein ongewerweldes.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Cremnochorites Cremnochorites capensis - Kaapse drievin
Helcogramma Helcogramma fuscopinna - Swartvin-drievin Helcogramma obtusirostris - Rooilippies-drievin
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse