Die Kaapse drievin (Cremnochorites capensis) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor van Valsbaai tot by Koffiebaai. In Engels staan die vis bekend as Cape triplefin.

Voorkoms Die vis het drie dorsale vinne. Die liggaam is liggekleurd met onreëlmatige bruin strepe op. Daar is 'n vertikale bruin streep onder die oog en daar is stekels om die oë. Die vis word tot 8 cm groot.

Habitat Die vis leef in rots riwwe in water wat 5 – 20 m diep is.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Cremnochorites-capensis.html

Kategorie:Beenvisse