Die Rooilippies-drievin (Helcogramma obtusirostris) is 'n vis wat voorkom in die suidwestelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Bazaruto tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Hotlips triplefin.
Voorkoms Die vis het drie dorsale vinne. Die mannetjie vis is donker van kleur met rooi vlekke bo die boonste lip en 'n blou streep wat horisontaal strek van die mond tot by die kieue. Daar is ook blou merke aan die boonste en onderste kant van die basis van die pektorale vinne. Die wyfie is ligter van kleur en het nie die blou merke op nie. Die vis word tot 4.5 cm lank.
Habitat Hulle verkies om in grasagtige getypoele en baie vlak riwwe te leef.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Helcogramma-obtusirostris.html
Kategorie:Beenvisse