Die Snoeke & Slang Makriele (Gempylidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee subfamilies in die familie naamlik: Gempylinae en Trichiurinae.
Subfamilie: Gempylinae Daar is sestien genera met drie en twintig spesies wat hoort tot dié subfamilie en nege van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die subfamilie het lang lywe, twee neusgate aan weerskante van die snoet en die dorsale vin is verdeel in twee vinne. Die stertvin is gevurk en die lyf is bedk met klein skubbe. Die grootte wissel van 30 cm - 2 m. Hulle is vinnge en ratse jagters wat gewoonlik in 200 – 500 m water bly en snags na die oppervlak gaan.
Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Thyrsites Thyrsites atun - Snoek
Thyrsitoides Thyrsitoides marleyi - Swartsnoek
Subfamilie: Trichiurinae Daar is nege genera met twee en dertig spesies wat hoort tot dié subfamilie en vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die lywe is baie lank.
Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor: Trichiurus Trichiurus lepturus - Haarstert
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse