Die vingervinne en banksteenbrasse (Cheilodactylidae) is 'n visfamilie van die orde Perciformes. Daar is ses genera met minstens vyftien spesies in die familie. Vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie word 18 cm - 1 m groot. Al die lede van die familie het gevurkte sterte en die volwasse visse het dik lippe. Die meeste spesies sit op die bodem in vlak poele, ondersteun deur hulle dik bekkenvinne op soek na prooi - bodembewoners soos skaaldiere, wurms en vis. Die groter spesies is gewilde eetvis.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Cheilodactylus Cheilodactylus fasciatus - Rooivingers Cheilodactylus pixi - Balk-vingervin
Chirodactylus Chirodactylus brachydactylus - Vingervin Chirodactylus grandis - Banksteenbras Chirodactylus jessicalenorum - Natalse vingervin
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse