Sobhuza II was 'n koning van die Swazi's. Hy is in 1898 gebore as seun van Bhunu, wie hy in 1899 opgevolg het, met sy ouma, Nabotsibeni, as regent.

Hy het sy skoolopleiding by Lovedale ontvang en word in 1922 tot Koning van die Swazi's uitgeroep. Hy lê 'n besoek aan Engeland af, waar hy vir koning George V ontmoet. In 1923 misluk sy appél na die Geheime Raad in verband met 'n belangrike grondsaak, wat gehandel het oor die geldigheid van konsessies wat sy oupa, Umbandine, vroeër aan blanke nedersetters toegestaan het.

Hy het hom voortdurend beywer vir die ontwikkeling van sy vaderland.

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Geboortes in 1899 Kategorie:Sterftes in 1982 Kategorie:Swazikonings