Die Natalse vingervin (Chirodactylus jessicalenorum) is 'n vis wat endemies aan die Suid-Afrikaanse kus is en voorkom vanaf Algoabaai tot by Sodwanabaai. In Engels staan die vis bekend as die Natal fingerfin.
Voorkoms Die vis kan tot 75 cm lank en 11 kg swaar word.
Habitat Die vis verkies rotsriwwe van 3 – 38 m diep om in te leef en vreet onder andere skaaldiere, slakke en wurms. Die vis is gesog as 'n eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Chirodactylus jessicalenorum by FishBase
Kategorie:Beenvisse