Die Kraaibekke (Oplegnathidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is een genus met minstens sewe spesies in die familie. Drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se liggaam is lank en bedek met skubbe. Die vis se mond lyk soos die van 'n kraai. Die grootte wissel van 60 – 90 cm en word gevind in water wat tot 100 m diep is. Die familie vreet alge en bodem skaaldiere.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Oplegnathus Oplegnathus conwayi - Kaapse kraaibek Oplegnathus peaolopesi - Mosambiekse kraaibek Oplegnathus robinsoni - Natalse kraaibek

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse