Die Valkvisse (Cirrhitidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is nege genera met minstens vyf en dertig spesies in die familie. Tien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie word 8 – 28 cm groot en beskik oor geen swemblaas nie. Hulle kom voor by koraalriwwe en eet skaaldiere, vis en plankton.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Amblycirrhitus Amblycirrhitus bimacula - Tweekol-valkvis

Cirrhitus Cirrhitus pinnulatus - Marmer-valkvis

Cirrhitichthys Cirrhitichthys aprinus - Gevlekte valkvis Cirrhitichthys guichenoti Cirrhitichthys oxycephalus - Gespikkelde valkvis

Cristacirrhitus Cristacirrhitus punctatus – Swartgekolde valkvis

Cyprinocirrhites Cyprinocirrhites polyactis - Swaelstert-valkvis

Oxycirrhites Oxycirrhites typus - Langneus-valkvis

Paracirrhites Paracirrhites arcatus - Hoefyster-valkvis Paracirrhites forsteri - Gesproete valkvis

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse