Friedrich August I van Sakse, dikwels August die Sterke genoem (12 Mei 1670 in Dresden - 1 Februarie 1733 in Warskou), was keurvors van Sakse (as Friedrich August I) asook vanaf 1697 koning van Pole en grootvors van Litaue (as August II) in 'n personele unie.

August II word as een van die skitterendste vorste van die laat 17de en vroeë 18de eeu beskou, veral wat sy hoofse pragvertoon en sy liefdeslewe met altesaam twintig maitresses betref, maar ook as prototipe van absolutistiese selfvertoning wat sy ambisieuse bouprojekte en versamelpassie betref. Hy het van Dresden 'n eersterangse metropool van die barokboukuns gemaak, terwyl die Keurvorstedom Sakse tydens sy heerskappy 'n ongekende ekonomiese, infrastrukturele en kulturele bloeitydperk beleef het.

Tegelykertyd het hy in die Groot Nordiese Oorlog verwikkel geraak waartydens hy die Poolse kroon vir goed gewen het. Nogtans het hy met sy onvermoë om ware hervormings te weeg te bring die pad vir nuwe oorloë en groeiende Russiese invloed in Pole berei. Na die regentskap van August II en sy seun August III word in Pole derhalwe ook as die "Saksiese Nag" verwys.

Eksterne skakels

Kategorie:Poolse monarge Kategorie:Litause monarge Kategorie:Duitse monarge Kategorie:Geboortes in 1670 Kategorie:Sterftes in 1733 Kategorie:Huis van Wettin