Die Glip- en Slymvisse (Leiognathidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is drie genera met minstens 25 spesies in die familie. Ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die visse van die familie het plat lywe en is bedek met klein skubbe. Hulle het al die vinne met die dorsale en anale vinne wat lank is; hulle strek oor die helfte van die familie se liggaam. Die bekke is klein en kan vorentoe uitgestoot word. Hulle word tussen 10 – 25 cm groot. Die familie is bedek met slym wanneer hulle gevang word en is dan glad en glibberig.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Gazza Gazza minuta - Getande glipvis Gazza squamiventralis

Leiognathus Leiognathus elongatus - Spits slymvis Leiognathus equulus - Slymvis

Secutor Secutor insidiator - Slankglipvis Secutor ruconius - Mopneus-glipvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse